# Die Stad Tshwane moedig inwoners aan om met die winterseisoen wat voorlê, ʼn griepinspuiting te kry. Griep versprei hoofsaaklik deur respiratoriese sproei wanneer ʼn persoon, hoes, nies of praat. Mense wat ʼn groter gevaar loop om griep te kry, is volwassenes ouer as 65, mense met onderliggende siektes soos hart- en longkwale, en mense met MIV en tuberkulose. Die metro sê die griepinspuiting is gratis beskikbaar by staatsklinieke, en diegene in hoërisiko-kategorieë sal eerste ingeënt word.
Tshwane-inwoners aangeraai om griepinspuiting te kry voor komende griepseisoen