# # Die vakbondfederasie Saftu veroordeel die oorlog in Oekraïne en sê dit word nie in die belang van demokrasie of vrede gevoer nie. Die Russiese president, Vladimir Putin, het in 2022 ‘n volskaalse inval in Oekraïne geloods en Moskou beheer nou byna 20-persent van Oekraïne se grondgebied. Saftu sê die oorlog word aangevuur deur kapitalistiese wedywering, militêre uitbreidingsdrang en die soeke na streeks- en wêreldoorheersing. Die federasie doen ‘n beroep vir ‘n onmiddellike skietstaking en ‘n diplomatieke oplossing.
Saftu sê die Russies-Oekraïnse oorlog word nie in belang van vrede gevoer nie