Skip to content

Thales vra vir vryspraak in Zuma-wapentransaksiesaak ná dood van getuies

# Die Franse wapenmaatskappy, Thales, het aansoek gedoen om vrygespreek te word in die langdurige korrupsiesaak waarin voormalige president, Jacob Zuma, betrokke is. Thales se prokureur, Cameron Dunstan-Smith, het 16 uitstelle van die verhoor en die dood van sleutelgetuies as redes aangevoer. Dunstan-Smith sê dit belemmer die maatskappy se reg op ‘n billike verhoor. Die Nasionale Vervolgingsgesag staan die aansoek teen. Thales en Zuma word aangekla in die saak wat gekoppel is aan die wapentransaksie van die 1990’s waar ‘n jaarlikse omkoopbedrag van 500-duisend-rand betrokke is.