Skip to content

Departement van Energie wil werk skep en nuwe ruimte vir hernubare energie verkry

# Die Departement van Elektrisiteit en Energie sê hy wil sorg dat 200-duisend nuwe werksgeleenthede in die energiesektor geskep word ingevolge die land se billike energie-oordrag. Dis deel van sy hoofdoelstellings vir die volgende vyf jaar. Die departement sê hy wil die elektrisiteit wat deur onafhanklike kragprodusente opgewek word, van die huidige 14-persent tot 40-persent verhoog, en 500-duisend ton groenwaterstofenergie byvoeg. Hy sê hy wil ook teen 2030 die geïnstalleerde basis van hernubare energie van die huidige 11-gigawatt tot 33-gigawatt verhoog.