Skip to content

Opname toon meeste poste vir gegradueerdes is in Gauteng

# Die nuwe Ikusasa Student Financial Aid Program-opname toon 67-persent van gegradueerdes wat befonds is, is in diens geneem of besig met internskappe en 13-persent is werkloos. Die meeste werksgeleenthede is in Gauteng, met 59-persent van gegradueerdes wat in die provinsie werksaam is, vergeleke met net sewe-persent in die Wes-Kaap. Die uitvoerende hoof, Werner Abrahams, sê geografie, markversadiging en ‘n wanverhouding tussen kwalifikasies en poste is van die belangrike struikelblokke. Daar is oorheersend kontrakwerk beskikbaar, wat goeie ervaring bied, maar min werksekerheid. Die program beplan om werkbelyning deur werkgewer-vennootskappe te verbeter.