# ‘n Amerikaanse bioloog, Camille Parmesan, het die BBVA-stigting se Frontiers of Knowledge-toekenning vir Klimaatsverandering ontvang nadat sy gewys het hoe klimaatsverandering spesies verplaas. Haar baanbreker-navorsing het getoon hoe stygende temperature wêreldwyd ʼn afdruk op bioverskeidenheid laat. Die komitee vir Klimaatsverandering en Omgewingswetenskap sê Parmesan se werk hou groot gevolge in vir openbare gesondheid omdat tropiese siektes soos malaria en knokkelkoors wat deur muskiete oorgedra word, poolwaarts versprei.
Amerikaanse bioloog wen toekenning na sy wys hoe klimaatsverandering spesies verplaas