# Die Internasionale Monetêre Fonds is van mening China se ekonomie sal vanjaar met slegs vier-persent groei, heelwat laer as Beijing se amptelike teiken van vyf-persent. Dit is weens ‘n toenemende handelsoorlog met Amerika. Die aanhoudende krisis in die eiendomsektor, plaaslike regeringskuld en trae verbruikersbesteding dra verder by tot die afwaartse druk op groei. Die syfer, wat die fonds in sy jongste wêreld-ekonomiese-vooruitsig gepubliseer het, is laer as die groei van 4,6-persent wat die IMF in Januarie vir China voorspel het.
IMF verlaag China se groeivoorspelling vir 2025