# President Cyril Ramaphosa is vandag op ‘n werksbesoek in Maseru, Lesotho, as mede-voorsitter van die tweede sitting van die bi-basionale kommissie, saam met die eerste minister van Lesotho, Samuel Matekane. Die vergadering het ten doel om bilaterale betrekkinge te versterk en ekonomiese samewerking te verdiep. Dit sal ook die vordering met gesamentlike projekte hersien, insluitend die tweede fase van die Lesotho-Hoogland-waterprojek wat poog om watersekerheid te verbeter. Die Presidensie sê die besoek beklemtoon albei lande se verbintenis tot streeksontwikkeling en samewerking.
Ramaphosa is mede-voorsitter van Suid-Afrika-Lesotho bi-nasionale kommissie