# Die indringerplant Karibavaring het damme in die Lonehill- en Witkoppenspruit-parke in Johannesburg oorgeneem. Die Karibavaring – Salvinia Molesta – verstop kanale en is skadelik vir waterlewe. Johannesburg se City Parks sê dié vinnigverspreiende plant floreer in besoedelde water, veral as riool daarin beland het. Hy sê die metro wil met behulp van vennootskappe oplossings vind vir die hoofoorsake, veral besoedeling en riool-lekkassies, terwyl hulle meganiese en biologiese beheermetodes toepas.
Indringerplant Karibavaring skadelik vir damme in Johannesburg