Skip to content

Ramaphosa sê pous Franciskus was ‘n geestelike leier wat probeer het om die mensdom te verenig [KLANK]

# President Cyril Ramaphosa sê as kerkhoof en wêreldwye figuurlike leier, het pous Franciskus ‘n beskouing van insluiting, gelykheid en sorg vir gemarginaliseerde individue en groepe bevorder. Die eerste Latyns-Amerikaanse leier van die Rooms-Katolieke Kerk, is gisteroggend op 88-jarige ouderdom oorlede. Hy is onlangs uit die hospitaal ontslaan ná weke se behandeling vir longontsteking. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê pous Franciskus was daartoe verbind om van die wêreld ‘n beter plek te maak vir die hele mensdom:

ENG MagwenyaOnPopeFrancis