# Die busonderneming Putco sê hy het die eerste fase van sy Paasfees-pelgrimstog na Moria, Limpopo, vir die jaarlikse Zion Christian Church-byeenkoms veilig voltooi. Putco het vir die eerste keer vandat Covid-19-beperkings in 2020 die geleentheid opgeskort het, ongeveer 500 busse vir die pelgrimstog verskaf. Putco sê hulle berei nou voor vir die tweede en laaste fase, Maandag se terugtog waarin hulle weer sal verseker die gemeentelede reis veilig terug na hul huise.
Putco voltooi eerste fase van Paasfees-pelgrimstog na Moria