# Die presidensie sê hy het geen kommunikasie van president Donald Trump se administrasie ontvang dat hulle beswaar maak teen Mcebisi Jonas se aanstelling as spesiale gesant na Amerika nie. Die voormalige adjunkminister van Finansies het Trump in 2020 ʼn rassis, homofoob en narsis genoem. Die presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Jonas het sy opmerkings oor Trump in sy persoonlike hoedanigheid gemaak en dat politieke kwessies soos die tariefsituasie apart van persoonlike menings beskou moet word:
Presidensie sê hy het geen besware teen Mcebisi Jonas se aanstelling ontvang nie [KLANK]
ENG MagwenyaOnJonas