Skip to content

China sê Amerika moet ophou dreig en afpers en met Beijing praat

# China het aan Amerika gesê hy moet ophou dreig en afpers nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, gesê het dit hang van Beijing af om na die onderhandelingstafel te kom om die beëindiging van hul handelsoorlog te bespreek. Trump het nuwe tariewe van tot 145-persent op talle Chinese invoere ingestel. Die woordvoerder van Buitelandse Sake, Lin Jian, sê as Amerika werklik die kwessie met dialoog en onderhandeling wil oplos, moet hulle ophou om druk uit te oefen en met China praat op grond van gelykheid, respek en wedersydse voordeel.