# Die Suid-Afrikaanse Kamer van Handel en Nywerheid sê Suid-Afrika se sakevertroue toon steeds ’n positiewe neiging en het gestyg van 107.8 in Mei 2024 tot 125.8 in Februarie vanjaar. Uitvoerende hoof Alan Mukoki sê hoewel daar in Maart ’n effense daling na 123.5 was, bly die sentiment steeds sterker as die vorige jaar. Mukoki het belangrike invloede uitgelig, insluitend toerisme, uitvoere en laer inflasie. Hy noem egter dat wêreldwye ekonomiese veranderinge, fiskale onsekerheid en die vertraagde plaaslike begroting negatiewe druk uitoefen. Mukoki waarsku teen belastingverhogings wat sakegroei en werkskepping kan belemmer.
Kamer van Nywerheid sê sakevertroue op hoogtepunt ondanks globale onsekerheid