# Transnet sê hy verwelkom die besluit van die Verenigde Nasionale Vervoervakbond om sy lede te vra vir ‘n stemming want dit sal ‘n ware weerspieëling wees van werknemers se wense. Die vakbond gaan sy lede nader om te stem oor ‘n stakingsproses na loononderhandelings met die staatsinstelling Maandag op ‘n dooiepunt uitgeloop het. Transnet sê die finale aanbod van ‘n ses-persent verhoging in die eerste en tweede jaar en ‘n 5,5-persent verhoging in die derde jaar is ‘n erkenning dat werksekerheid noodsaaklik is vir werknemerswelstand en langtermyn bestendigheid.
Transnet verwelkom UNTU se besluit vir ‘n stemming oor staking na loononderhandelings skripbeuk ly