# Rise Mzansi het die minister van Finansies, Enoch Godongwana, gevra om die voortslepende begrotingsdooiepunt dringend op te los. Die party sê die vertraging benadeel die land se geloofwaardigheid en ekonomie. Rise Mzansi stel voor daar moet gesny word aan die 500-miljoen-rand vir die weermag se onttrekking uit die Demokratiese Republiek die Kongo, miljarde wat uitstaande is aan onbetaalde belasting moet ingesamel word en verkwistende openbare besteding moet verminder. Mabine Seabe van Rise Mzansi dring verder aan op vinniger optrede met dobbelbelastinghervormings en waarsku die dooiepunt skend die publiek se vertroue in die regering:
Rise Mzansi vra minister van Finansies om begrotingsdooiepunt op te los [KLANK]
ENG SeabeOnBudgetDeadlock