Skip to content

Minister Ramokgopa verwelkom Mcebisi Jonas se aanstelling as spesiale gesant na Amerika [KLANK]

# Die minister in die Presidensie verantwoordelik vir Beplanning, Monitering en Evaluering, Maropene Ramokgopa, het Mcebisi Jonas se aanstelling as Suid-Afrika se spesiale gesant na Amerika verwelkom. Die voormalige adjunkminister van Finansies sal die land se diplomatieke, handels- en bilaterale prioriteite bevorder. Hy sal ook onderhandelings lei, strategiese vennootskappe bou en met Amerikaanse regeringsamptenare en leiers in die privaat sektor vergader om die land se belange te bevorder. Ramokgopa sê Jonas is die regte persoon om die verhouding tussen Suid-Afrika en Amerika te probeer red:

ENG RamokgopaOnJonas