# Die kleuterskoolonderwyseres Amber Lee Hughes het onskuldig gepleit op aanklagte van verkragting en moord in die Hooggeregshof in Johannesburg. Sy word aangekla dat sy haar kêrel se vierjarige dogtertjie wat ‘n leerder in haar klas was, Nada-Jane Challita, in Januarie 2023 seksueel aangerand en vermoor het. Die streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Phindi Mjonondwane, sê die hof het gehoor dat Hughes in ‘n verhouding met die kind se pa was en by hulle ingetrek het, met spanning wat skynbaar tot dreigemente teen die kind gelei het.
Kleuterskoolonderwyseres pleit onskuldig op aanklag van moord en verkragting van kêrel se dogtertjie