# Die Organisasie van Petroleumuitvoerlande het vir die eerste keer sedert Desember sy wêreldwye olie-aanvraagvooruitskatting vir 2025 verlaag. OPUL noem as redes daarvoor swakker resultate vir die eerste kwartaal en Amerikaanse handelstariewe. Daar word nou verwag dat die vraag met 1,30-miljoen-vate per dag sal styg, 150-duisend minder as verlede maand. Die olie-kartel het ook wêreldwye ekonomiese groeivoorspellings verlaag en gewaarsku oor toenemende onsekerheid.
OPUL sny 2025 olie-aanvraagvooruitskatting te midde van kommer oor handelstariewe