# Die uitvoerende hoof van Business Leadership South Africa, Busisiwe Mavuso, sê om ‘n bekwame staat te bou is onmoontlik sonder moderne IT-stelsels. Mavuso het in haar weeklikse nuusbrief die mislukte Staatsinligtingstegnologie-agentskap gekritiseer oor korrupsie, swak diens en verpolitisering. Mavuso steun voorstelle om departemente toe te laat om hul eie IT-dienste te bekom, en verwys na die Suid-Afrikaanse Inkomstedienste as ‘n suksesvolle voorbeeld. Sy waarsku dienslewering by sleuteldepartemente soos Binnelandse Sake sal nie verbeter sonder hervormings in tegnologie nie.
Business Leadership South Africa vra IT-hervorming om bekwame staat te bou