Skip to content

Trump dreig met nuwe tariewe op slimfone dae nadat dit van tariewe vrygestel is

# Amerikaanse president Donald Trump sê Chinese vervaardigde slimfone en ander elektronika sal nie van tariewe vrygestel word nie. ’n Amerikaanse doeane-kennisgewing Saterdag het aangedui dat slimfone, rekenaars en ander elektroniese toestelle uitgesluit sal word van die 125-persent-tarief op goedere uit China. Trump het egter gesê hulle skuif slegs na ‘n ander groep heffings. Europese aandelemarkte het vanoggend gestyg na die aankondiging dat sommige produkte van die heffings vrygestel sal word. Intussen het China Trump gevra om sy tariewe-stelsel te kanselleer en ‘terug te keer na ‘n pad van wedersydse respek’.