# Die geregtelike ondersoek na die dood van die anti-apartheids-regspraktisyn Griffiths Mxenge in 1981, is tot 17 Junie uitgestel. Twee afsonderlike geregtelike doodsondersoeke na die dood van Mxenge en die voormalige ANC-leier, hoofman Albert Luthuli, het vandag in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, begin. Luthuli het in 1967 in onduidelike omstandighede gesterf. Ncedile Dunywa van die Nasionale Vervolgingsgesag het in die hof gesê bewyse van die geregtelike doodsondersoek in 1967 sal samespanning toon tussen die veiligheidspolisie, distriksgeneeskundiges, patoloë en die landdros:
Nuwe geregtelike ondersoek na Mxenge se dood tot Junie uitgestel [KLANK]
ENG DunywaOnEvidence