# Die Astrovo FTC-span 17955 van Kaapstad sal Suid-Afrika by die FIRST Tech Challenge Wêreldkampioenskappe in Houston hierdie maand verteenwoordig. As nasionale kampioene samel die span geld in om registrasie-, reis-, akkommodasie- en toerustingskoste te dek. Astrovo bevorder sedert 2019 onderrig in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde, en hulle het al meer as vier-duisend-seshonderd leerders bereik en top plaaslike en internasionale toekennings gewen. Bronagh Hammond van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement moedig Suid-Afrikaners aan om hulle steun te beloof terwyl die span streef om 350-duisend-rand in te samel vir die kompetisie:
Kaapstad se robotika-span sal SA by wêreldtegnologie-kompetisie verteenwoordig [KLANK]
ENG-HammondOnRobotics