# UNISA se waterkenner, Anja du Plessis, sê dit sal nie Suid-Afrika se waterbesoedelingskrisis oplos as munisipale bestuurders tronk toe gaan nie. ʼn Klousule in die Wysigingswetsontwerp op Nasionale Water laat toe dat munisipale bestuurders en korporatiewe direkteure skuldig bevind kan word en moontlik tronkstraf kry indien die instellings wat hulle verteenwoordig water besoedel. Volgens inligting stort ʼn derde van munisipaliteite onverwerkte riool in riviere en dit bedreig ekostelsels. Du Plessis sê strenger toepassing van omgewingswette is nodig om besoedeling te keer.
Kenner sê waterbesoedelingskrisis sal nie verdwyn as munisipale bestuurders tronk toe gaan nie