Skip to content

GOOD Party sluit aan by vroue-optog na Uniegebou oor geslagsgeweld-krisis

# Die GOOD Party sê geslagsgeweld en vrouemoord moet as ‘n nasionale ramptoestand verklaar word. Die party sal vandag by die Uniegeboue in Pretoria by die burgerlike samelewingsgroep Women for Change aansluit om ‘n petisie oor te handig wat deur byna 150-duisend mense onderteken is. Kaden Arguile van GOOD sê hulle glo die verklaring sal help om noodondersteuning, gespesialiseerde polisiebehandeling, meer skuilings en sterker aanspreeklikheid tot gevolg hê.