Skip to content

Prada koop Versace vir R27-miljard

# Die Italiaanse modehuis, Prada, het aangekondig dat hy ‘n ooreenkoms bereik het met die Amerikaanse groep, Capri Holdings, om sy glansryke mededinger, Versace, vir 27-miljard-rand te koop. Die verkryging sal ‘n luukse groep skep met inkomste van meer as 129-miljard-rand wat beter kan meeding met nywerheidsreuse soos die Franse konglomerate LVMH en Gucci. Die voorsitter van die Prada-groep, Patrizio Bertelli, sê hulle is verheug om Versace te verwelkom en ‘n nuwe hoofstuk te bou vir ‘n handelsmerk met ‘n sterk verbintenis met kreatiwiteit, vakmanskap en tradisie.