# Greenpeace Africa sê die beskerming van woude kan nie as ’n minder belangrike kwessie hanteer word nie, maar moet aan die voorpunt wees van klimaatsoptrede. Kenia se totale woudbedekking krimp jaarliks met meer as 12-duisend hektaar. In Kameroen word bome oor ‘n groot gebied onwettig uitgekap en ‘n gebied groter as Parys is reeds ontbos vir die aanplant van rubber- en palmplantasies vir palmolie. Greenpeace Africa sê die geopolitieke agenda wêreldwyd moet verskuif na die beskerming van woude as ‘n grondslag vir ‘n breër strategie vir klimaatsaanpassing.
Greenpeace Africa sê beskerming van woude kan nie slegs nagedagte wees in klimaat-onderhandelings nie