Skip to content

VN-konferensie oor Handel en Ontwikkeling waarsku oor uitwerking van tariewe op kwesbare ekonomieë

# Die Verenigde Nasies se Konferensie oor Handel en Ontwikkeling waarsku nuwe tariewe wat deur groot ekonomieë ingestel word, kan globale groei benadeel en kwesbare lande raak. Die groep se sekretaris-generaal, Rebeca Grynspan, het beklemtoon handel behoort nie nog ‘n bron van onbestendigheid te word nie, dit moet globale groei en ontwikkeling aanmoedig. Die organisasie eis dialoog en onderhandeling om handelswanbalanse uit die weg te ruim sonder om kwesbare lande te straf.