# Die DA-leier John Steenhuisen sê die ANC moet nou bewys hy is ernstig oor magsdeling in die regering van nasionale eenheid. Hy waarsku die era van enkelparty-heerskappy is iets van die verlede. Steenhuisen voeg by die DA het praktiese hervormingsvoorstelle aan president Cyril Ramaphosa gegee om groei en werksgeleenthede te bevorder en is gereed om dit in werking te stel. Steenhuisen kritiseer ook die ANC omdat hy buite die RNE steun werf oor die voorgestelde BTW-kwessie.
DA-leier vra ANC om magsdeling te aanvaar vir ekonomiese hervorming