# Gauteng Speaker, Morakane Mosupyoe het die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, gelukgewens met haar historiese verkiesing as President van die Afrika-groep by die 150ste Interparlementêre Unie Vergadering in Oesbekistan. Mosupyoe het Didiza se oorwinning as ‘n trotse oomblik vir Suid-Afrika beskryf, veral met die G20-beraad wat binnekort in Suid-Afgrika aangebied sal word. Sy het gesê die aanstelling weerspieël wêreldwye vertroue in Suid-Afrikaanse leierskap en bevestig Afrika se groeiende stem in die vorming van inklusiewe, demokratiese globale bestuur.
Gauteng Speaker prys Didiza se verkiesing as president van Afrika-groep by Interparlementêre Unie Vergadering