# ‘n Ekonoom wie se werk die Amerikaanse president, Donald Trump, se administrasie aangehaal het om tariewe te regverdig, sê amptenare het die navorsing wanvertolk en die tariewe moes hoogstens ‘n kwart wees van wat die Withuis aangekondig het. Brent Neiman, wat onder oudpresident Joe Biden ‘n amptenaar van die Amerikaanse Tesourie was, het in 2021 ‘n referaat geskryf oor die uitwerking van tariewe op pryse. Dit is verlede week aangehaal in ‘n verklaring waarin die berekeninge verduidelik word agter die groot invoertariewe wat Trump aangekondig het.
Ekonoom sê Trump-administrasie het sy werk verkeerd vertolk om tariewe te regverdig