Skip to content

Afrika-petroleumprodusente voorstanders vir ‘Afrika eerste’ in benutting van olie- en gasreserwes

# Die Afrika-petroleumprodusente-organisasie het beklemtoon hoe noodsaaklik dit is vir Afrika om sy aansienlike olie- en gasbronne voorop te stel vir ontwikkeling van die kontinent. Die organisasie se sekretaris-generaal, Omar Farouk Ibrahim, sê ongeveer 75-persent van die olie in Afrika en 40-persent van sy gas word uitgevoer, terwyl ‘n aansienlike deel van die bevolking nie toegang het tot moderne energie nie. Hy bepleit ‘n ‘Afrika eerste’-benadering en bemoedig die vasteland om sy energierykdom aan te wend om plaaslike energie-armoede uit te wis en ekonomiese groei aan te dryf.