# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het sy landgenote enkele minute voor die opening van die New Yorkse aandelemark gevra om sterk, dapper en geduldig te wees. Dit volg terwyl verdere skerp dalings op aandelebeurse voorspel word. Trump sê Amerika het ‘n kans om iets te doen wat dekades gelede gedoen moes word. Hy het Amerikaners aangemoedig om nie swak of dom te wees nie, maar sterk, dapper en geduldig, wat tot grootsheid sal lei.
Trump vra Amerikaners om sterk en geduldig te wees