Skip to content

Minister Macpherson verwelkom nuwe leierskap by die Onafhanklike Ontwikkelingstrust

# Die Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het die verkiesing van Zimbini Hill as voorsitter en Raymond Nkado as ondervoorsitter van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust verwekom. Hill, voorheen die waarnemende voorsitter, het 20 jaar se uitvoerende leierskap in verskeie sektore. Nkado, voormalige dekaan van Ingenieurswese aan Wits Universiteit het al prominente posisies in projek- en konstruksiebestuur beklee. Macpherson het die belangrikheid van hul leierskap in die aanspreek van uitdagings by die organisasie beklemtoon, insluitend samewerking met die PwC-ondersoek na die 800-miljoen-rand suurstof-aanleg-tender vir openbare gesondheidsgeriewe.