# Meer as 50 lande het na die Withuis uitgereik om te onderhandel nadat president Donald Trump wêreldwyd handelstariewe ingestel het. Dit is volgens die direkteur van Amerika se Nasionale Ekonomiese Raad, Kevin Hassett. Trump se algemene tien-persent-belasting op invoerprodukte is nou van krag en hierdie week volg nog hoër tariewe vir talle lande, insluitend Suid-Afrika. Hassett ontken die tariewe is deel van Trump se strategie om finansiële markte te laat ineenstort en laer rentekoerse af te dwing.
Meer as 50 lande kontak Withuis om onderhandelings oor tariewe te begin