# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het ʼn Amerikaanse kongreslid, Troy Nehls, tereggewys omdat hy volgens hom vals inligting oor Suid-Afrika se buitelandse beleid versprei. Dit volg nadat Nehls die Afrikaner-wet ter tafel gelê het wat prioriteit-2-vlugtelingstatus aan Suid-Afrika se wit Afrikaner-minderheid toestaan weens beweerde menseregteskendings. Lamola ontken Nehls se bewerings, en sê dis vals en propagandisties. Hy beweer dit gee ʼn wanvoorstelling van Suid-Afrika se buitelandse beleid. Lamola herhaal dat die land verbind is tot ʼn onafhanklike buitelandse beleid volgens nasionale belange en die internasionale wet.
Lamola sê Amerikaanse kongreslid versprei verkeerde inligting