Skip to content

SA Engelse onderwyser sterf in Mianmar-aardbewing

# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het bevestig ‘n Suid-Afrikaanse Engelse onderwyser is onder die meer as drie-duisend slagoffers van die verwoestende aardbewing in Mianmar. DIRCO se woordvoerder, Clayson Monyela, sê die slagoffer se identiteit is tans vertroulik omdat die departement konsulêre ondersteuning verskaf terwyl daar aan repatriasie gewerk word. Die Suid-Afrikaanse regering het ook sy solidariteit met Mianmar uitgespreek en steun belowe met voortgesette humanitêre noodlenigingspogings.