Skip to content

Mchunu sê ondersoeke in die verkragtingsaak van sewe-jarige Cwecwe is in ‘n sensitiewe stadium [KLANK]

# Minister van Polisie, Senzo Mchunu sê daar is nie op die oomblik getuies in die verkragtingsaak van die sewe-jarige Cwecwe van Matatiele in die Oos-Kaap nie. Die voorval het glo reeds in Oktober 2024 plaasgevind. Tydens ‘n opdatering oor die ondersoeke, het Mchunu sy kommer uitgespreek oor die toenemende gevalle van geslagsgeweld teen kinders. Mchunu het die sensitiwiteit van die saak en die voortgesette ondersoeke beklemtoon, en gesê dat die polisie nie verdere besonderhede kan deel nie.:

ENG-MchunuOnCase