# Elton John het sy nuwe album beskryf as die “varsste” sedert die albums wat in die 1970’s opgeneem is. “Who Believes in Angels?” word vandag uitgereik. Die ateljee-album volg nadat hy sy glansryke sangloopbaan met ‘n wêreldwye afskeidstoer beëindig het, wat in Julie 2023 in Swede ten einde geloop het. “Who Believes in Angels?” is in samewerking met die Amerikaanse sanger Brandi Carlile en John se jare-lange mede-liedjieskrywer, Bernie Taupin opgeneem.
Elton John reik nuwe album uit