Skip to content

KKNK wys weer waarom dit een van die land se voorste kunstefeeste is

# Die jaarlikse Klein Karoo Nasionale Kunstefees het, met ’n magdom produksies wat gehore laat lag, huil en nadink, weer bewys waarom dit as een van die land se voorste kunstefeeste gereken word. ‘n Uitblinker by vanjaar se fees is “Kruispad: Of die Legende van die Goue Vis” – ’n unieke produksie wat mite, musiek en menslike emosie op meesterlike wyse verweef. Die sterbelaaide rolverdeling sluit in Edwin van der Walt, Carla Smith, Eben Genis en Beer Adriaanse met die bekroonde Marthinus Basson wat regie en vertaling behartig. Die produksie is verlede jaar by die Toyota Stellenbosch Woordfees as die wenner van die Woordtrofee vir beste ensemble aangewys. Feesbywoners beskryf die produksie as “2 ure wat jou op ‘n verbeeldingsreis neem en dan op die einde diep laat dink”. Die fees eindig Sondag.