Skip to content

Internasionale Worteldag vier hierdie groente se veelsydigheid

# Dis vandag Internasionale Worteldag waarop die bevordering en gebruik van dié groente gevier en mense bewus gemaak word van sy gesondheidsvoordele. Die dag het in Swede ontstaan en word vandag wêreldwyd gevier wanneer mense saamkom om hulle liefde vir hierdie besondere wortelgroente te deel. Interessante feite oor wortels sluit in dat daar meer as 100 eetbare spesies is, dis die groente wat die meeste vitamien A bevat, en 87-persent van die wortel is water.