# Die Gautengse Hooggeregshof in Pretoria lewer vandag uitspraak oor die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se versoek vir verdere bekendmakings in die korrupsiesaak teen haar. Sy staan tereg op 12 aanklagte van korrupsie en een van geldwassery omdat sy na bewering omkoopgeld gevra en ontvang het. Mapisa-Nqakula sê die staat moet seksie C van die dossier, wat die polisie-ondersoekdagboek is, oorhandig. Die staat voer egter aan die inligting is vertroulik en sal nie tydens die verhoor teen Mapisa-Nqakula gebruik word nie.
Hof gaan beslis oor Mapisa-Nqakula se versoek vir verdere bekendmaking in korrupsiesaak