# Die Europese Unie sê die Natuurherstelregulasie is die eerste omvattende wet van sy soort wat oor vastelande geld. Dit wil ekostelsels, natuurlike omgewings en spesies in die EU se land- en seegebiede herstel. Hierdie maatreëls behoort teen 2030 minstens 20-persent van die EU se land- en seegebiede te dek en sal teen 2050 alle ekostelsels herstel. Meer as 80-persent van Europa se natuurlike omgewings is in ʼn swak toestand. Die EU sê hy is daartoe verbind om sy doelwitte vir klimaatsversagting en -aanpassing te bereik.
EU se Natuurherstelregulasie wil 20-persent land- en seegebiede teen 2030 herstel