# President Cyril Ramaphosa is vandag die gasheer vir sy Zambiese eweknie, Hakainde Hichilema, wat op ‘n werksbesoek aan Suid-Afrika is. Dit is Hichilema se eerste amptelike besoek aan die land sedert hy in Augustus 2021 aan bewind gekom het. Die Presidensie sê die doel van die besoek is om die geskiedkundige bilaterale betrekkinge wat tussen die twee lande bestaan, verder te versterk. Die twee leiers gaan praat oor beleggings wat tot wedersydse voordeel is vir streeksontwikkeling, soos mineraalveredeling, plaaslike vervaardiging en landbou.
Ramaphosa is gasheer vir Zambiese president Haikinde op ‘n werksbesoek aan SA