Skip to content

Moja Gabedi word omskep in ‘n sentrum waar gemeenskapsbetrokkenheid seëvier

# Die Universiteit van Pretoria sê die gewese nie-amptelike stortingsterrein en misdaadnes in Festival-straat in Hatfield, is in die welvarende Moja Gabedi- gemeenskapskakelsentrum omskep. Tydens die rehabilitering is drie-duisend-ton afval verwyder en met dieselfde hoeveelheid bogrond en twee-honderd-ton kompos vervang. Die universiteit sê bome is aangeplant, tuine is aangelê en tydelike strukture is opgerig wat sal dien as terapiesentrums en plekke waar die gemeenskap kan ontmoet.