Skip to content

Styging in temperature wêreldwyd kan gemiddelde persoon se inkomste laat daal

# Onlangse navorsing deur Australiese wetenskaplikes het bevind die gemiddelde persoon se inkomste kan met 40-persent daal indien temperature wêreldwyd met vier-grade-Celsius styg. Die Bruto Binnelandse Produk kan selfs met 16-persent daal indien temperature met selfs net twee-grade-Celsius styg, wat baie meer is as vorige ramings. Hulle het bevind tradisionele modelle het die finansiële uitwerking van klimaatsverandering onderskat en die ontwrigting van wêreldwye verskaffingskettings misgekyk. Navorsers versoek onmiddellike optrede om ernstige ekonomiese gevolge wêreldwyd af te weer.