# Die reuse Chinese slimfoonmaker, Huawei het aangekondig dat winste verlede jaar met 28-persent gedaal het, aangesien dit te kampe het met internasionale ekonomiese onsekerheid en swak verbruik tuis. Die Shenzhen-gebaseerde maatskappy is gewikkel in ‘n intense tweestryd tussen China en die Verenigde State nadat Washington gewaarsku het dat sy toerusting vir spioenasie deur die Chinese regering gebruik mag word, ‘n bewering wat Huawei ontken. Sanksies sedert 2019 het die maatskappy se toegang tot Amerikaanse komponente en tegnologieë verbied, wat dit gedwing het om sy groeistrategie te diversifiseer.
Chinese slimfoon-reus kondig 28% daling in winste aan