# Franse mededingingsowerhede het Apple ‘n drie-miljard-rand boete gegee oor die privaatheidsfunksie van sy opsporingstoepassing. Die owerheid sê die manier waarop Apple sy App Tracking Transparency-sagteware geïmplementeer het, was “nie nodig nie en nie in verhouding met die maatskappy se verklaarde doelwit om gebruikersdata te beskerm nie”. Derdeparty-uitgewers is ook gestraf. Benewens die boete, sal Apple die beslissing vir sewe dae op sy webwerf moet publiseer. Owerhede in Duitsland, Italië, Roemenië en Pole het soortgelyke ondersoeke oor ATT begin, wat Apple as ‘n beskermingsmaatreël vir privaatheid bevorder.
Frankryk straf Apple met R3-miljard boete