Skip to content

Erykah Badu en Tyla vereer op Billboard se Vroue in Musiek-geleentheid

# Doechii, Erykah Badu en die Suid-Afrikaner, Tyla, is onder dié wat die naweek by Billboard se Vroue in Musiek-geleentheid in Kalifornië toekennings ontvang het. Die geleentheid vereer invloedryke vroue in musiek, van kunstenaars tot leiers in die bedryf. Tyla, wat met haar treffer Water op die musiektoneel beland het, het die Impak-toekenning ontvang. Doechii, wat onlangs ʼn Grammy vir beste rap-album vir haar 2024-langspeler Alligator Bites Never Heal, opgeraap het, het met die Vrou van die Jaar-toekenning weggestap. Badu is met die Ikoon-toekenning vereer.