# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, beklemtoon die belangrikheid van die beveiliging van Suid-Afrika se kuslyn van drie-duisend-592-kilometer, terwyl sy potensiaal vir regverdige welvaart, klimaatveerkragtigheid en gesonde ekologie ontsluit word. Die minister het onlangs die 2025-2030 Nasionale Kusbestuursprogram bekendgestel. Die departement se woordvoerder, Thobile Zulu-Molobi, sê minister George benadruk die dringendheid van die program wat die fokus plaas op die land se kuslyn as ‘n nasionale bate wat bedreig word:
Minister George sê SA se kuslyn is ‘n nasionale bate wat bedreig word [KLANK]
ENG ThobileonProgramme